Sop (Afrikaans)
Difficulty: Easy    Uploaded: 7 years, 11 months ago by markvanroode     Last Activity: None
0% Upvoted
0% Translated but not Upvoted
57 Units
0% Translated
0% Upvoted
Sop.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies, uitgesoek en oorvertel deur PIETER W. GROBBELAAR.

Die Boesmans het die dierewêreld fyn deurgekyk. Daarom is Leeu vir hulle die sterke, Wolf soos Hiëna dikwels genoem word ‘n wreedaard, en Jakkals ‘n lafhartige bedelaar.

Wolf het ‘n ver pad geloop om by sy broer te gaan kuier. Nou is hy honger en dors. In die veld kry hy Leeu wat aan ‘n sebra lê en eet. ‘n Entjie weg sit Jakkals vir ‘n bietjie oorskiet en wag.

“Naand, Leeu,” sê Wolf vriendelik.

“Mmm,” sê Leeu, en hy kraak ‘n murgbeen oop.

Wolf gaan op sy hurke sit. “Hoe lyk dit, nooi jy my dan nie om ‘n stukkie saam te eet nie?” “Ja, ja!” sê Jakkals gretig.

“Bly stil!” sê Wolf, en Jakkals gee ‘n paar tree pad.

“Nee,” sê Leeu, en hy skeur aan die boud se sagte vleis.

“Net so ‘n bietjie soppies om op te lek,” vra Wolf. “Ek is baie dors.” “Ek lek my eie sop,” sê Leeu.

“Net ‘n ou murgbeentjie om af te eet,” soebat Wolf.

“Dè, vat dan!” sê Leeu, en hy gooi vir Wolf die been wat hy nou net self droog gesuig het.

“En wat van my, Leeu ? ” vra Jakkals met ‘n huilstem.

“Trap!” sê Leeu, en hy mik met sy voorvoet.

Jakkals verskuif nog ‘n entjie verder weg.

Wolf vat die been, en hy kou daaraan asof hy tog te lekker kou, en hy suig daaraan asof daar baie te suig is. Toe staan hy op. “Baie dankie, Leeu,” sê hy. “Ek sal sulke vriendelikheid nie vergeet nie. Kom eet gerus môreaand ‘n bietjie sop by my.
“Dankie, ja,” sê Leeu, en hy lek al klaar sy lippe af, want hy weet Wolf se maats is dood as dit by sop kook kom.

“Dankie, ja!” sê Jakkals asof Wolf hom ook genooi het, en hy gaan lek die droë been af wat Wolf laat agterbly het.

Agter die bultjie kom Wolf op ‘n volstruis af. Dis net vere en voete, en toe begin Wolf weglê. Die stuk wat oorbly, sleep hy saam huis toe. “Eet julle maar die vleis, ” sê hy vir sy vrou en kinders. “Laat bly net die bene vir my.” Die volgende dag sit Wolf twee potte op die vuur vir die volstruissop. Die een pot haal hy betyds af om koud te word, maar die ander pot hou hy kookwarm.

Dis ook nie te lank nie, of hier kom Leeu aan met Jakkals op sy spoor. “Hoe lyk dit met daardie sop waarvan jy gepraat het, Wolf?” vra Leeu.

“Ja, hoe lyk dit met die sop?” vra Jakkals.

“Kom sit maar hier in die ry,” sê Wolf, en hy beduie waar sy vrou en kinders al wag.

Vrou Wolf hou haar mond oop, en Wolf gooi in, maar dis van die koue pot s’n. So gaan hy van kind tot kind, en hulle drink tog te lekker. Maar toe hy by Leeu en Jakkals kom, skep hy twee bekers van die vuurwarm sop uit.
“Maak wyd oop!” sê hy, en hulle maak so.

Toe gooi hy.

Leeu wil nog sluk, toe spu hy al dat die sop met so ‘n wye boog staan. “Sjoe, vriend Wolf,” sê hy kortasem, “maar jou sop is vandag darem kwaai.” “Dis van ‘n volstruis se bene,” sê Wolf. “Dié voël kan mos so kwaai skop. Wil jy nog ‘n bietjie hê?” “Nee, dankie,” sê Leeu, “ek dink ek loop maar weer.” En Jakkals? Hy kan nie insluk nie, want dis te warm. En hy kan nie uitspu nie, want hy is te bang vir Wolf. Daarom sit hy so met die trane wat oor sy wange loop. Maar toe Leeu wegdraf, draf hy saam, en hy maak sy mond agter ‘n bossie leeg. En nou nog as Jakkals so in die maanskyn wag dat Leeu klaar moet eet, en hy dink aan daardie sop, dan begin hy sommer van nuuts af huil.

Luister maar mooi.

“Kwaai sop!” tjank Jakkals. “Volstruissop! Volstruissop met ‘n skop!” https://chessaleeinlondon.wordpress.com/tag/wolf-and-jackal-stories-afrikaans/
unit 1
Sop.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 3
Die Boesmans het die dierewêreld fyn deurgekyk.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 5
Wolf het ‘n ver pad geloop om by sy broer te gaan kuier.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 6
Nou is hy honger en dors.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 7
In die veld kry hy Leeu wat aan ‘n sebra lê en eet.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 8
‘n Entjie weg sit Jakkals vir ‘n bietjie oorskiet en wag.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 9
“Naand, Leeu,” sê Wolf vriendelik.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 10
“Mmm,” sê Leeu, en hy kraak ‘n murgbeen oop.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 11
Wolf gaan op sy hurke sit.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 13
“Bly stil!” sê Wolf, en Jakkals gee ‘n paar tree pad.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 14
“Nee,” sê Leeu, en hy skeur aan die boud se sagte vleis.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 15
“Net so ‘n bietjie soppies om op te lek,” vra Wolf.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 16
“Ek is baie dors.” “Ek lek my eie sop,” sê Leeu.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 17
“Net ‘n ou murgbeentjie om af te eet,” soebat Wolf.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 19
“En wat van my, Leeu ?
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 20
” vra Jakkals met ‘n huilstem.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 21
“Trap!” sê Leeu, en hy mik met sy voorvoet.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 22
Jakkals verskuif nog ‘n entjie verder weg.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 24
Toe staan hy op.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 25
“Baie dankie, Leeu,” sê hy.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 26
“Ek sal sulke vriendelikheid nie vergeet nie.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 27
Kom eet gerus môreaand ‘n bietjie sop by my.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 30
Agter die bultjie kom Wolf op ‘n volstruis af.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 31
Dis net vere en voete, en toe begin Wolf weglê.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 32
Die stuk wat oorbly, sleep hy saam huis toe.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 33
“Eet julle maar die vleis, ” sê hy vir sy vrou en kinders.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 36
Dis ook nie te lank nie, of hier kom Leeu aan met Jakkals op sy spoor.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 37
unit 38
“Ja, hoe lyk dit met die sop?” vra Jakkals.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 41
So gaan hy van kind tot kind, en hulle drink tog te lekker.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 43
“Maak wyd oop!” sê hy, en hulle maak so.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 44
Toe gooi hy.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 45
Leeu wil nog sluk, toe spu hy al dat die sop met so ‘n wye boog staan.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 47
“Dié voël kan mos so kwaai skop.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 49
Hy kan nie insluk nie, want dis te warm.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 50
En hy kan nie uitspu nie, want hy is te bang vir Wolf.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 51
Daarom sit hy so met die trane wat oor sy wange loop.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 54
Luister maar mooi.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 55
“Kwaai sop!” tjank Jakkals.
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None
unit 56
“Volstruissop!
0 Translations, 0 Upvotes, Last Activity None

Sop.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies, uitgesoek en oorvertel deur PIETER W. GROBBELAAR.

Die Boesmans het die dierewêreld fyn deurgekyk. Daarom is Leeu vir hulle die sterke, Wolf soos Hiëna dikwels genoem word ‘n wreedaard, en Jakkals ‘n lafhartige bedelaar.

Wolf het ‘n ver pad geloop om by sy broer te gaan kuier. Nou is hy honger en dors. In die veld kry hy Leeu wat aan ‘n sebra lê en eet. ‘n Entjie weg sit Jakkals vir ‘n bietjie oorskiet en wag.

“Naand, Leeu,” sê Wolf vriendelik.

“Mmm,” sê Leeu, en hy kraak ‘n murgbeen oop.

Wolf gaan op sy hurke sit. “Hoe lyk dit, nooi jy my dan nie om ‘n stukkie saam te eet nie?”

“Ja, ja!” sê Jakkals gretig.

“Bly stil!” sê Wolf, en Jakkals gee ‘n paar tree pad.

“Nee,” sê Leeu, en hy skeur aan die boud se sagte vleis.

“Net so ‘n bietjie soppies om op te lek,” vra Wolf. “Ek is baie dors.”

“Ek lek my eie sop,” sê Leeu.

“Net ‘n ou murgbeentjie om af te eet,” soebat Wolf.

“Dè, vat dan!” sê Leeu, en hy gooi vir Wolf die been wat hy nou net self droog gesuig het.

“En wat van my, Leeu ? ” vra Jakkals met ‘n huilstem.

“Trap!” sê Leeu, en hy mik met sy voorvoet.

Jakkals verskuif nog ‘n entjie verder weg.

Wolf vat die been, en hy kou daaraan asof hy tog te lekker kou, en
hy suig daaraan asof daar baie te suig is. Toe staan hy op. “Baie dankie, Leeu,” sê hy. “Ek sal sulke vriendelikheid nie vergeet nie. Kom eet gerus môreaand ‘n bietjie sop by my.
“Dankie, ja,” sê Leeu, en hy lek al klaar sy lippe af, want hy weet Wolf se maats is dood as dit by sop kook kom.

“Dankie, ja!” sê Jakkals asof Wolf hom ook genooi het, en hy gaan lek die droë been af wat Wolf laat agterbly het.

Agter die bultjie kom Wolf op ‘n volstruis af. Dis net vere en voete, en toe begin Wolf weglê. Die stuk wat oorbly, sleep hy saam huis toe. “Eet julle maar die vleis, ” sê hy vir sy vrou en kinders. “Laat bly net die bene vir my.”

Die volgende dag sit Wolf twee potte op die vuur vir die volstruissop. Die een pot haal hy betyds af om koud te word, maar die ander pot hou hy kookwarm.

Dis ook nie te lank nie, of hier kom Leeu aan met Jakkals op sy spoor. “Hoe lyk dit met daardie sop waarvan jy gepraat het, Wolf?” vra Leeu.

“Ja, hoe lyk dit met die sop?” vra Jakkals.

“Kom sit maar hier in die ry,” sê Wolf, en hy beduie waar sy vrou en kinders al wag.

Vrou Wolf hou haar mond oop, en Wolf gooi in, maar dis van die koue pot s’n. So gaan hy van kind tot kind, en hulle drink tog te lekker. Maar toe hy by Leeu en Jakkals kom, skep hy twee bekers van die vuurwarm sop uit.
“Maak wyd oop!” sê hy, en hulle maak so.

Toe gooi hy.

Leeu wil nog sluk, toe spu hy al dat die sop met so ‘n wye boog staan. “Sjoe, vriend Wolf,” sê hy kortasem, “maar jou sop is vandag darem kwaai.”

“Dis van ‘n volstruis se bene,” sê Wolf. “Dié voël kan mos so kwaai skop. Wil jy nog ‘n bietjie hê?”

“Nee, dankie,” sê Leeu, “ek dink ek loop maar weer.”

En Jakkals? Hy kan nie insluk nie, want dis te warm. En hy kan nie uitspu nie, want hy is te bang vir Wolf. Daarom sit hy so met die trane wat oor sy wange loop. Maar toe Leeu wegdraf, draf hy saam, en hy maak sy mond agter ‘n bossie leeg. En nou nog as Jakkals so in die maanskyn wag dat Leeu klaar moet eet, en hy dink aan daardie sop, dan begin hy sommer van nuuts af huil.

Luister maar mooi.

“Kwaai sop!” tjank Jakkals. “Volstruissop! Volstruissop met ‘n skop!”

https://chessaleeinlondon.wordpress.com/tag/wolf-and-jackal-stories-afrikaans/